Besigheidsliga by Piet van den Berg-ovaal op Standerton loop op ’n drafstap
Maximed Eagles het as oorwinnaars uit die stryd getree nadat hul die wedstryd met vier paaltjies beklink het.
Krieket se T20-besigheidsliga by die Piet van den Berg-ovaal op Standerton is op dreef.
Twee wedstryde is op Sondag 13 Junie beslis.
In die eerste wedstryd wat om 10:25 begin het, Highveld Milling Honey Badgers en Maximed Eagles slaags geraak.
Maximed Eagles het as oorwinnaars uit die stryd getree nadat hul die wedstryd met vier paaltjies beklink het.
Die telbord het gerol en hul het 140/5 in 18,1 beurte aangeteken, terwyl Highveld Millings tevrede moes wees met 139/6 in 20 beurte.
Highveld Milling se Marno Lacock het 33 lopies van 28 balle aangeteken, terwyl Zimu Njabulo twee paaltjies vir die verlies van 14 lopies platgetrek het.
Maximed se Werner Mouton het 74 van 50 balle aangeteken en PJ Venter kon twee paaltjies vir die verlies van 28 lopies neem.
In die tweede wedstryd het Mica Mustangs en BASF Bears kragte gemeet.
BASF Bears het die wedstryd met sewe paaltjies gewen.
Hul het op 89/3 te staan gekom na 13,3 beurte, tewyl Mica Mustangs 88 lopies, almal uit, na 14 beurte op die telkaart gesit het. Mica se Jan-Dirk van Dyk kon spog met 30 lopies na 17 aflewerings, terwyl Quinton Kruger twee paaltjies geneem het vir die verlies van agt lopies.
Op hul beurt het BASF se Louis Bibbey 42 lopies na 36 balle aangeteken en Van Dyk het gewoeker met twee paaljies, vir die verlies van 14 lopies.



