Edelvalk-skuts se koëels tref
Vir die vroue het Lues en Ellis weer eens die eerste twee plekke ingeneem met onderskeidelik 33,12 punte en 31,04 punte.

Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 12 Junie ‘n takskietskompetisie aangebied.
Die uitslae in die onderskeie afdelings is soos volg:
By die impala-teiken het Neil Grabe die skietbaan verlaat met 44,05 pumte, gevolg deur Johan Geldenhuys met 42,06 en Iwan Lues met 41,01.
Jaco van der Merwe het 40,03 behaal en Hendrik van der Walt 40,02.
Vir die vroue in dié afdeling het Carla Lues eerste met 34,07 punte geëindig, terwyl Helen Ellis tweede was met 25,0 punte.
By die warthog-tabel het Iwan Lues die eerste plek behaal met 44,05 punte, terwyl Neil Grabe tweede was ook met 44,05 punte.
Edzard Bierman was derde met 39,03 punte, gevolg deur Johan Geldenhuys met 39,03 punte en Johan Nel met 36,02 punte.
Vir die vroue het Lues en Ellis weer eens die eerste twee plekke ingeneem met onderskeidelik 33,12 punte en 31,04 punte.
By Rimfire Open het Jako Steenkanp die eerste plek behaal met 130, gevolg deur Grabe met 127,01 en Hendrik van der Walt met 123,02.
Die vroueskuts Lues en Ellis het onderskeidelik 121,01 en 117,00 behal.
By Handgun Open het Jako Steenkanp 174,00 aangeteken.
Edelvalkers bied op Donderdag 17 Junie ‘n windbuksskietoefening by die Standerton Skouterrein aan.



