Local sportSport

T20- besigheidsliga op dreef op Standerton

Die mistige weer het geensins die entoesiasme van die krieketspelers gedemp nie.

Die Piet van den Berg-ovaal was oudergewoonte op Sondag 20 Junie gasheer vir die T20-besigheidsliga.

Twee krieketwedstryde is beslis.

In die eerste kragmeting het Highveld Milling Honey Badgers vir BASF Bears die stryd aangesê.

Die mistige weer het geensins die entoesiasme van die krieketspelers gedemp nie en BASF Bears kon uiteindelik die wedstryd met sewe paaltjies beklink.

Highveld Milling het besluit om eerste te kolf en het op 134/9 na 20 beurte te staan gekom.

Francois Ghe Wessels het 32 lopies van 20 balle aangeteken, met bouler, Carus van Rensburg, wat drie paaltjies laat kantel het vir 20 lopies. Van Rensburg het voor die penne 73 lopies van 53 balle aangeteken, met Ghe Wessels wat een paaltjie platgetrek en 15 lopies afgestaan het.

In die tweede wedstryd het Mica Mustangs en Maximed Eagles koppe gestamp.

Maximed Eagles het as oorwinnaars van die veld gestap nadat hulle 177/5 in 18,4 beurte op die telkaart gehad het.

Mica Mustangs moes tevrede wees met 174/3 na 20 beurte.

Jan-Dirk van Dyk het vir Mica Mustangs 92 lopies gemoker van 56 balle, met Werner Mouton wat twee paaltjies geneem en 27 lopies afgestaan het.

Mouton het daarna 72 lopies aangeteken van 40 balle, met Riaan Koen Naudé, wat twee paaljies geneem en 18 lopies afgestaan het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button