Suné en Zietske van Stanterton presteer in akrobatiese danse
Albei het die hoogste punte in hul ouderdomsgroepe behaal en is met trofees beloon. Hulle sal nou interprovinsiaal kan deelneem.
Akrobate van die Marlize Roelofse Dansskool het onlangs aan ‘n kampioenskap deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.
Suné du Preez en Zietske Bailey het onderskeidelik in Level 5 en Level 6 eerste geëindig en Mpumalanga-kleure verwerf.
Albei het die hoogste punte in hul ouderdomsgroepe behaal en is met trofees beloon. Hulle sal nou interprovinsiaal kan deelneem.
Zietske het ‘n spesiale toekenning ontvang vir die beste vertoning van Acrotots- tot by die Elite Advance-afdeling.
Altesaam 18 akrobate het deelgeneem, waarvan 16 Mpumalanga-kleure verwef het, 11 onder die eerste ses geëindig en 14 gekwalifiseer het om interprovinsiaal hulle slag te wys.
Die skool het twee eerste plekke opgeraap, twee tweede plekke, twee derde plekke, drie vierde plekke en twee sesde plekke.





