Local sportSport

Ronel Starbuck van Standerton seëvier by IPS-kompetisie

Ronel Starbuck het oor 18 gaatjies geseëvier nadat sy 40 punte aangeteken het.

Gholfspelers het op Woensdag 30 Junie aan ’n IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub deelgeneem, wat onderskeidelik oor nege en 18 putjies beslis is.

Donnie Taljard het in eersgenoemde eerste geëindig met 14 punte, gevolg deur Wessel van der Merwe, ook met 14 punte.

Freddie Welmans het die derde plek met 13 punte behaal, terwyl Deon Grimsell vierde was met 12 punte.

Ronel Starbuck het oor 18 putjies geseëvier nadat sy 40 punte aangeteken het.

Kobie Coetzee was in die tweede plek met 39 punte, gevolg deur die trio, Herman Mynhardt, Casper Roux en Gerrit Coetzee wat elk 37 punte aangeteken het.

Attie Mouton het in die sesde plek ingeskuif met 36 punte, terwyl die driestuks van Nico Lombard, Frans Cronje en Henk Botha elk 34 punte op die telkaart ingevul het.

Stephen Nortje het met 32 punte die 10de plek behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button