Dawid en Collin wen klubkompetisie in Ermelo
Dawid Harris en Collin Odendaal het met 54 punte koning gekraai, Zach Smith en Johan Benecke is met 48 punte tweede, en Marelize Potgieter en Belinda Howard met 47 punte derde.
Gholfspelers van Ermelo het op 3 Julie aan ’n twee-bal beter-bal kompetisie by die Ermelo Gholfklub deelgeneem.
Volgens mnr. Jappie Koegelenberg, die klubbestuurder, het sowat 50 gholfspelers aan dié kompetisie deelgeneem.

Dawid Harris en Collin Odendaal het met 54 punte koning gekraai, Zach Smith en Johan Benecke is met 48 punte tweede, en Marelize Potgieter en Belinda Howard met 47 punte derde.
’n IPS-klubkompetisie het op 30 Junie sowat 19 gholfspelers gelok.
Hardus Blignaut is met 41 punte as die wenner aangewys en Jan Grey was tweede met 40 punte.

Ermelo Gholfklub bied op 10 Julie die “Monthly Medal”-klubkompetisie aan.
Die bestuur van die gholfklub nooi alle spelers om daarvoor in te skryf.