Johardt Swanepoel kolf verby sy honderdtal in plaaaslike 0/13-kragmeting
Hy was ’n natuurlike keuse vir die Goldi-krieketweek en is in die 0/11-ouderdomsgroep, met ’n toekenning as beste kolwer in 2018, en beste speler in 2019 beloon.
Johardt Swanepoel, ’n kranige krieketspeler, het onlangs ’n merkwaardige prestasie behaal in ’n wedtsryd teen Sasol Secunda op die dorpsveld.
Die ondersteuners en ouers sou beslis toegekyk het toe hy 112 (n.u.n.) met die langsteel aangeteken het.
Mnr. Kai Daniel is die afrigter wat dié gr.7-leerder van Laerskool Standerton sedert sy 0/11-dae touwys maak.
Dié wedstryd in die 0/13-kragmeting by die Piet van den Berg-ovaal het om 9:00 begin en pa Hennie, het ma Lucille, presies om 12:18 laat weet van die verloop van sake. Johardt het egter vooraf die ander spelers tot stilswye gemaan.
LEES OOK: Victory Taekwondo en Karate for Kids gee kleurgordelgradering
“Ek wou nie gehad het dat hulle my telling hardop moes sê nie,” het Johardt vertel.
Boonop het Johardt in 2019 gespog met ’n boultelling wat eweneens rede tot bors uitstoot was.
’n Ongelooflike vyf paaltjies is geneem vir die verlies van slegs vier lopies. Hy was ’n natuurlike keuse vir die Goldi-krieketweek en is in die 0/11-ouderdomsgroep, met ’n toekenning as beste kolwer in 2018, en beste speler in 2019 beloon.
As ’n reël is hy die openingskolwer en -bouler en het geen geheim daarvan gemaak dat die vinnige balle en daardie wat ‘swing’ sy gunstelinge is nie.
LEES OOK: Dawid en Collin wen klubkompetisie in Ermelo
Krieketoefening is vir eers verby.
Johardt sal graag eendag die groen baadjie wil dra, maar ’n beroep as professionele sportman word nie in die vooruitsig gestel nie.
Sy kop staan jagveld toe en dit is óf ’n wildbewaarder, óf ’n professionele jagter. Hy en sy pa vertrek juis binnekort op ’n Bosveld-uitstappie en met stapskoene en bosbaadjie sal hy ’n bok of wat wil plattrek.





