Joré Nortjé maak sy stem dik in A-afdeling van Maandelikse Beker op Standerton
Patrizia Lombard, die beste vrouespeler, kon spog met 40, gevolg deur Jaco Sutherland met 41 en Juan Nortjé met 42.
Gholfspelers het op Saterdag 3 Julie vroeg reeds vir die Maandelikse Beker afgeslaan.
Die Standerton Buiteklub het gasheer vir dié kompetisie gespeel.
’n Groep vrouespelers, kort op die hakke van die manne wat die trajek van die bal begin volg het, het sodanige indruk op die mansgeslag gemaak, dat aangedring is dat foto’s van hulle geneem moes word.
Joré Nortjé het in die A-afdeling sy slag gewys met 35 gevolg deur Malan van der Merwe met 36.
Gerrit Coetzee het 37 op die telkaart invul, terwyl Attie van der Westhuizen 38 en Jannie Nichols met 39 geëindig het.
Patrizia Lombard, die beste vrouespeler, kon spog met 40, gevolg deur Jaco Sutherland met 41 en Juan Nortjé met 42.
Johan Griesel het in die B-afdeling 43 behaal, Werntley Eksteen 44 en Rikus White en Willie Griesel, albei 45.
Stephen Nortjé het met 47 geëindig, gevolg deur Tertius Brits met 48 en Innocent Dhladhla met 49.
Herman Mynhardt en Lourie Nel het albei 50 behaal, terwyl Johan Brink met 52 in die 10de plek geëindig het.
Machiel Griesel het met 56 sy slag in die C-afdeling gewys, gevolg deur Johanco Griesel met 57 en Nick Momberg met 58.
Clifford van Vuuren het met 59 geëindig, gevolg deur Gerrit Nel met 60 en Philip du Preez met 61.
Die vrouespelers, Alida en Loren, kon onderskeidelik 63 en 64 op die telkaart invul, terwyl Wikus du Preez 65 behaal het.




