Local sportSport

Akrobate van Standerton deur na nasionale kampioenskap

Mieke Swart, wat op Level 9 meeding, se punte is sodanig dat sy wel aan die nasionale kampioenskap kan deelneem.

Drie akrobate van Marilize Roelofse Acrobatic Dance Studio het onlangs aan die Interprovinsiale Juniorkampioenskap deelgeneem, met twee dansers wat onder die top twee in Mpumalanga aangewys is.

Hulle het onderskeidelik op Level 4, 5 en 6 meegeding.

Uné Velthuizen het op eersgenoemde vlak ’n punt van 7,54 behaal, derde geëindig en het onder die top twee geëindig.

Suné du Preez, wat op Level 5 gedans het, was ook onder die top twee, het ’n punt van 9,37 behaal en vierde geëindig.

Suné du Preez. (Foto: Verskaf)

Zietske Bailey het op Level 6 gedans.

Al drie deelnemers het gekwalifiseer om by die nasionale kampioenskap te wedywer.

Uné Velthuizen. (Foto: Verskaf)

Mieke Swart, wat op Level 9 meeding, se punte is sodanig dat sy wel aan die nasionale kampioenskap kan deelneem.

Dié kampioenskap sou op 2 en 3 Julie in Pretoria plaasgevind het, maar weens Covid-19, word vir eers gewag voordat datums vasgemaak word.

Zietske Bailey. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button