Local sportSport

Theuns Adendorff seëvier by gholfkompetisie op Standerton

Die eerste groep het reeds voor 11:00 afgeslaan en Aldo Arnaldi het gemoedelik laat val dat die koerant laat opgedaag het.

Theuns Adendorff het met 41 punte die IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub beklink.

Gholfspelers het nie op hulle laat wag om Saterdag 17 Julie te begin nie, en altesaam 27 spelers het aan die Individual Stableford deelgeneem.

Ronald Kinnear en Jannie Nichols het albei 37 punte op die telkaart ingevul.

Die eerste groep het reeds voor 11:00 afgeslaan en Aldo Arnaldi het gemoedelik laat val dat die koerant laat opgedaag het.

Nico Lombard en Attie van der Westhuizen het albei 35 punte behaal met vyf spelers, wat met dieselfde punte, die agterhoede in die eerste 10 gevorm het.

Jannie Nichols konsentreer op 17 Julie op die verloop van die spel.
Aldo Arnaldi het nie probleme op Saterdag 17 Julie met hierdie hou nie.
Waldi van der Westhuizen in aksie op Saterdag 17 Julie.

Casper Roux, Wian Starbuck, Arnaldi, Stephen Nortjé en Jacques Scholtz se 34 het gewys dat mededinging nie agterweë gebly het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button