Phatboys potspelklub laat spanne les opsê
Phatboys 1 het met hul eerste wedstryd die Coal Miners van Hendrina met 18-7 geklop.
Ermelo se agtbalspelers het op 1 Augustus by verskeie klubs in die omgewing aan die tweede ronde van die liga deelgeneem.
Ná die onlangse inperkingsregulasies is die liga gestaak, maar dit het op 1 Augustus weer afgeskop.
Een span van die Phatboys-klub het op Ermelo deelgeneem, terwyl die ander span by Escobar meegeding het.
Twee van Ermelo se spanne is in die liga ingeskryf.
Elke span bestaan uit vyf spelers wat punte vir die span asook vir die speler self bymekaar moes maak.
Phatboys 1 het met hul eerste wedstryd die Coal Miners van Hendrina met 18-7 geklop.
Calvin Ngcobo, wat vyf wedstyde gewen het, is as speler van die wedstryd aangewys.
In hul tweede stryd teen Da Vinci’s A, het dié span van Phatboys hul teenstanders behoorlik laat les opsê met ’n eindtelling van 19-6.
Sarel Esterhuizen en Charles Wahlstrand het albei al vyf hul teenstanders geklop, en is as spelers van die wedstryd aangewys.



