Edelvalkers op Standerton stel weer visiere op tabelle in
Wat wapens aanbetref, is enige jaggeweer in ’n kaliber wat wettig is vir die jag van groter dierspesies in Engeland, toelaatbaar.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se sportskietoefening word uiteengesit vir voornemende skuts.
By Limited Bolt Action Rifle geld die volgende voorskrifte: Enige visier, oop visier sowel as teleskoop, mag gebruik word.
Laservisiere wat op die teiken projekteer, word nie toegelaat nie. Wat wapens betref, is enige jaggeweer in ‘n kaliber wat wettig is vir die jag van groter dierspesies in Engeland, toelaatbaar.
Die minimum kaliber is .240 met ʼn minimum energie van ‘1700 vt/lb’.
In Suid-Afrika is die ekwivalent die .243 kaliber en die minimum energie word bereken as die massa van die koeël in grein x trompsnelheid (vt/s) x trompsnelheid (vt/s) gedeel deur 450 400.
Die energie van ‘n 87 grein .243 kaliber koeël teen 2967 vt/s is byvoorbeeld 1700 vt/lb.
Die maksimum gewig van die geweer, insluitend alle vaste toebehore byvoorbeeld ‘bi-pod’, knaldemper, geweerband, teleskoop en die magasyn leeg (geen ammunisie nie) mag nie 6.5kg oorskry nie.
Verstelbare kolwe (wangstuk en skopplaat) soos byvoorbeeld GRS, sal toegelaat word, maar die skut gaan nie toegelaat word om enige verstellings aan die kolf tussen skietposisies te maak nie – die verstellings moet voor voor die begin van die skietkompetisie gemaak word en dan so gelaat word vir die volle 36 skote wat die oefening duur.
Oefening geskied oor 100m, 200m en 300m. By die 100m geskied dit in ‘n vryhand staanposisie, by die 200m uit ‘n sitposisie, sonder enige bykomende ondersteuning en by die 300m, van ‘n lêposisie, met ‘n ‘bi-pod’.
Geen afrigting word toegelaat nie, maar die gebruik van ‘n geweerband deurgaans is toelaatbaar.
Ligte, buigsame skiethandskoene mag gebruik word – ondersteunende handskoene word nie toegelaat nie.



