Local sportSport

Jong motorfietsryers van Ermelo presteer in Middelburg

Hulle moes tydens die wedren, wat oor ’n tydperk van twee ure plaasgevind het, soveel moontlik rondes van 10 km gery het.

ERMELO – Nege avontuurlustige seuns van Laerskool JJ van der Merwe het onlangs aan die Farm Jam se derde ronde by Zeekoeigat buite Middelburg deelgeneem.

Dié seuns het in 85 cc- en 65 cc-klasse deelgeneem en Ermelo se naam hoog gehou.

Hulle moes tydens die wedren, wat oor ’n tydperk van twee ure plaasgevind het, soveel moontlik rondes van 10 km gery het.

Sowat 23 seuns het in die 85 cc-klas deelgeneem. Stiaan van den Heever het die eerste plek behaal en WJ Cronje was vyfde.

Stiaan het ook die trofee vir die “hole shot” ontvang. Dit word aan die ryer wat eerste tydens die wegspring deur is na die buiteveld, toegeken.

Beide Stiaan en WJ het elk ses rondes in die gegewe tyd voltooi.

Paulis van Niekerk was goed op dreef en was tussen die top vyf deelnemers, maar het in die derde ronde geval en moes van die wedren onttrek.

Die volgende seuns het almal vyf rondes voltooi en die onderskeie plekke behaal; Trompie van den Heever (sewende), Willem Jacobsz (10de), WP Human (11de) en Jabbies Jacobsz (18de).

Stiaan van den Heever. (Foto: Veskaf)

Dit was Willem en Jabbies Jacobsz se eerste wedren gewees.

FD Lotz en Gustav van Niekerk het in die 65 cc-klas deelgeneem, waarin daar 24 seuns ingeskryf het.

Lotz het ’n vyfde plek behaal en Van Niekerk, wat ook aan sy eerste resies deelgeneem het, het ’n 21ste plek behaal.

Die volgende Farm Jam sal op 25 September plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button