Gholfspelers durf die koue op Standerton aan
Johann van Rensburg het op Saterdag 14 Augustus in snerpende koue 'n IPS-kompetisie met 37 punte gewen. Die wind het spelers se vaardighede behoorlik getoets.
Casper Roux het die septer in die A-afdeling tydens Standerton Buiteklub se Maandelikse Beker-kompetisie geswaai en met ‘n netto van 71 klubhuis toe gestap.
Altesaam 29 spelers het op Saterdag 7 Augustus mekaar die stryd aangesê.
Andrew Harper het ‘n netto van 73 op die telkaart ingevul, gevolg deur Ronald Kinnear met 75.
Gert du Preez en Gerrit Coetzee het onderskeidelik vierde en vyfde geëindig, albei met 76.
Aldo Arnaldi het skoonskip in die B-afdeling met ‘n netto van 78 gemaak, terwyl Deon Grimsell en Johann van Rensburg, ook met 78, tweede geëindig het.
Tertius Brits het die vierde plek met ‘n netto van 87 behaal, gevolg deur Herman Mynhardt met 91.
Philip du Preez was onoorwonne in die C-afdeling met 35 punte, gevolg deur sowel Jabbies Lotz as Jacques Scholtz, met 34 punte elk.
Gerrit Nel en Nick Momberg, albei met 33 punte, het die vierde en vyfde plekke behaal.
‘n Nege-putjie- en 18-putjie-kompetisie het op Woensdag 11 Augustus plaasgevind.

Tydens die eerste kragmeting het Arnaldi koning gekraai met 21 punte, trerwyl Lourie Nel tweede met 18 punte geëindig het.
Patrizia Lombard, Gerrit Nel en André Kirghner het gevolg, elkeen met 17 punte, terwyl Grimsell in die sesde plek ingeskuif het met 16 punte.
Momberg se 15 punte het aan hom die sewende plek besorg, gevolg deur Heino Gouws en Donnie Taljard, albei met 14 punte.
Freddie Welmans het die agterhoede met 11 punte gevorm.
Stephen Nortjé het in die tweede kragmeting met 38 punte, geseëvier, gevolg deur Casper Roux en Nico Lombard, albei met 37 punte.
Mynhardt het die vierde plek met 36 punte behaal, terwyl Johan van Niekerk 34 en Riaan Starbuck 31 punte aangeteken het.
Coetzee was sewende met 30 punte, Albert Parsons agtste met 29 punte, Mark Nortjé negende met 25 punte en Joré Nortjé 10de met 20 punte.
Johann van Rensburg het op Saterdag 14 Augustus in snerpende koue ‘n IPS-kompetisie met 37 punte gewen.
Die wind het spelers se vaardighede behoorlik getoets.
Juan Nortje het tweede met 35 punte geëindig, gevolg deur Gerrit Coetzee en Mauritz van Heerden met 34 punte. Heino Gouws en Patrizia
Lombard het albei 33 op die telkaart ingevul, terwyl Julene Willemse 29 punte behaal het.
Louis Gravett het in die agste plek met 28 punte geeindig, terwyl sowel Louis Bibbey as Arnaldi met 27 punte geëindig het.




