Local sportSport

Gholfspelers pak die baan aan op Standerton

Jaco Sutherland het by eersgenoende wedywering geseëvier met 15 punte, gevolg deur Patrizia Lombard met 13 punte.

Spelers het oudergewoonte op Woensdag 18 Augustus aan die Standerton Buiteklub se nege-putjie- en 18-putjie-kragmeting deelgeneem.

Jaco Sutherland het by eersgenoemde wedywering geseëvier met 15 punte, gevolg deur Patrizia Lombard met 13 punte.

Gerrit Nel het 12 punte behaal, terwyl Theuns Adendorff en Deon Grimsell albei met 10 punte tevrede moes wees.

Attie Mouton het by die tweede wedywering koning gekraai met 40 punte, gevolg deur Kobie Coetzee met 38 punte.

Daan Naudé en Nico Lombard het daarna in plekke drie en vier ingeskuif, albei met 36 punte, terwyl Tertius Brits 35 op die telkaart ingevul het.

Joré Nortjé het met ‘n telling van 32 punte geëindig, gevolg deur Ronald Kinnear met 31 punte.

Sowel Herman Mynhardt, as Casper Roux, het 30 punte behaal, gevolg deur Louis Bibby met 29 punte.

Tydens die kompetisie op Saterdag 21 Augustus het Aldo Arnaldi die septer met 40 punte in die IPS-kompetisie geswaai.

Ricus White het met 39 punte in die tweede plek geëindig, terwyl Jannie Nichols 38 punte aangteken het.

Casper Roux, Julene Willemse en Nel het elk 37 op die telkaart ingevul, gevolg deur Nico Lombard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button