Hengelaars van Standerton kap 46 vis vas
In die meestersafdeling het Carel Lombaard eerste geëindig met sewe vis van 8,54kg.
Meyerville Hengelklub het onlangs ’n kompetisie aangebied waar 33 hengelaars, onder andere drie besoekers, ’n totale vangs van 46 vis van 42,720kg vasgekap het.
Die vis van die dag het aan die swaarste modderbek gegaan.
In die meestersafdeling het Carel Lombaard eerste geëindig met sewe vis van 8,54kg, gevolg deur Danie Human met nege vis van 6,100kg en Peer Erasmus met sewe vis van 7,680kg.
Petzer het die vis van die dag inkatrol.
In die seniorafdeling het Danny Bosman die eerste plek behaal met sewe vis van 4,220kg, gevolg deur Ritchard Hills met drie vis van 5,440 kg en Peter Munro met drie vis van 1,700kg.
Bosman het die vis van die dag aan wal gebring.
Ty Mortlock was eerste in die penkopafdeling met een vis van 1,40kg.



