Local sportSport

Die geluk ry Pieter van Rooyen bloots

Pieter het van vyf-jarige ouderdom nie één July of Cape Town Met op televisie misgeloop nie.

Pieter van Rooyen van Standerton het nou sy tuiste naby Pietermaritzburg gemaak, daarheen gery en nie op ’n perd se rug nie.

Of dit nou bloots gaan wees of met al die toebehore, is vanselfsprekend omdat sy droom om ’n jokkie te word, uiteindelik gaan verwesenlik.

Volgens die gesin wou hy van kindsbeen reeds ’n jokkie word en het direk nadat hy aan Hoërskool Vrede in 2018 matriek geslaag het, by die Gary Alexander Racing Stables gaan werk.

Tussendeur het “Work Rider’-kursusse nie agterweë gebly nie en voormalige jokkies, James Maree en Marthinus Minie, het hom touwys gemaak.

“Pieter se oupa was in die 50’s ’n jokkie en hy het van kleinsaf begin perdry,” het sy moeder, Hantie gesê.

Dié KwaZulu-Natal-geleentheid het ’n maand gelede hom voorgedoen toe voormalige kampioenjokkie, MJ Odendaal, met hom in verbinding getree het.

Pieter van Rooyen van Standerton het die kans van ’n leeftyd aangegryp. (Foto: Verskaf)

Pieter word nou in die fynere kunsies op Hillcrest se Racehorse Training Complex opgelei.

Die vraag oor die fiksheid verbonde aan professionele perdry, het die volgende antwoord ontlok:

“Hoewel dit net perdry is en maklik lyk, is dit een van die soort sporte waar jy topfiks moet wees.”

Pieter het van vyfjarige ouderdom nie één July of Cape Town Met op televisie misgeloop nie.

“Sy slaapkamer was altyd tjokkenblok met July-plakkate,” het Hantie gesê.

Van ’n spesiale dieet is daar nie eintlik sprake nie, hoewel hy na sy gewig kyk en wat hy eet.

“Hy weet net hoe om gewig te verloor as hy dit optel.”

’n Ruiter kwalifiseer nie dadelik om ’n jokkie te word nie vanweë die vakleerlingskap wat eers voltooi moet word, sowal as ander protokolle.

Nadat die ‘Work Riders Programme’ van sowat drie maande of selfs langer afgehandel is, kan aan ’n wedren deelgeneem word en dan as jy vir ’n akademie gekies word, volg ’n drie-jaar-kursus.

Pa Pierie en sy suster en haar man, Jaco Venter, sal ook sy vordering dophou.

Weens Covid-19 en die koranavirus is die afhandeling van Pieter se kursus om elke jaar onderbreek.

“Perdry is harde werk en nie net opklim en ry nie,” het sy ma bygevoeg.

“Benewens fiksheid, moet die perd geken word.

“Dit moet jou passie wees want jy moet vroeg kan opstaan, stalle skoonmaak en sorg dat die perd oefening kry.“

Volgens haar, moet dit ’n leefwyse wees.

“Ek is baie trots op hom,” het sy mee afgesluit.

MJ Odendaal, Pieter se afrigter, deel ’n spesiale oomblik met ’n perd. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button