Local sportSport

Edelvalkers hou die gewere vir Saterdae geolie

Hul volgende skietdag by die Evert Genis skietbaan word vir 16 Oktober beplan as ’n .22 ghongskietkompetisie.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 4 September ’n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Edelvalkers kon na verskeie tabelle aanlê.

By die rooibok-sonder-rus, het Jaco Booysen 41,03 punte behaal, gevolg deur Stoffel Bester ook met 41,03 en Jako Steenkamp met 39,02.

Vir die vroue het Carla Lues 27 punte aangeteken en Helen Ellis 23.

Vir die juniors het Jaco Booysen (jr) 38,00 behaal en Carel Bester (jr) 26,01. By die rooiribbok-sonder-rus het Carla

Lues 260,04 behaal, gevolg deur Iwan Lues met 250,05 en Jaco Booysen met 250,05.

Vir die vroue het Carla Lues 260,04 aangeteken, Rina Booysen 180,05 en Helen Ellis 150,01.

Vir die juniors het Carel Bester (jr) 220,03 behaal, Marius Booysen 130,01 en Jaco Booysen (jr) 110,00.

By die haelgeweer-oefening het Johan Geldenhuys 14/15 behaal en Carel Bester 13/15.

By die buffel-tabel het Evert Genis 26 punte aangeteken, Jako Steenkamp 20 en Carel Bester 18.

Vir die juniors het Carel Bester (jr) 18 punte behaal en Jaco Booysen (jr) 10.

Met pistoolskiet het Jaco Booysen 160,00 behaal, Jako Steenkamp 146.00 en Jacques Dalhouzie 130,00.

By die ‘limited bolt action’ het Jaco Booysen 173 aangeteken, Stoffel Bester 171,04, Jako Steenkamp 167,03 en JC Schoeman 133,05.

By die semi-outomatiese oefening het Jaco Booysen 450,06 behaal en Stoffel Bester 350,06.

Tydens die daaropvolgende semi-outomatiese oefening, het Stoffel Bester 442,04 aangeteken, Johan Geldenhuys 324,04 en Jako Steenkamp 272,00.

Tydens die daaropvolgende ‘limited bolt action’ het Stoffel Bester 173,02 aangeteken, Jako Steenkamp 167,05 en Jaco Booysen 155,05.

Die Edelvalk-tak se maandvergadering vind op 14 September plaas.

Hul volgende skietdag by die Evert Genis skietbaan word vir 16 Oktober beplan as ’n .22 ghongskietkompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button