EHS-krieket wen eerste ligawedstryd teen Embalenhle
Die besoekende kolwers kon slegs 122 lopies aanteken voordat almal binne 25 boulbeurte uitgeboul is.
ERMELO – Hoërskool Ermelo se eerste krieketspan het op 4 September in hul eerste ligawedstryd teen Embalenhle te staan gekom.
Embalenhle het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Die Errie-boulers het hul teenstanders uit die staanspoor met goeie boulwerk onder druk geplaas en het gereeld die paaltjies laat kantel.
Die besoekende kolwers kon slegs 122 lopies aanteken voordat almal binne 25 boulbeurte uitgeboul is.
Die Errie-kolwers het op hul beurt hul goed van hul taak gekwyt en die lopieteiken in slegs 26 boulbeurte vir die verlies van twee paaltjies gehaal.
Die Erries het dié kragmeting met agt paaltjies gewen.
Rian Barnard het 52 lopies met 48 balle aangeteken, en Christiaan Arnoldi het 37 lopies aangeteken.
Tiaan Grobler, Rian Barnard en Wian Swart het elk drie paaltjies laat kantel.



