Kiertsregop en fyn uitgevat by perdeskou op Standerton
Volgens ’n moeder wat haar dogter langs die ring dopgehou het, was dié kompetisie ’n ‘qualifier’ vir die nasionale kompetisie in Bloemfontein volgende jaar.
Jong ruiters het op Vrydag 17 September swierig op hul perde by die Standerton Skouterrein vertoon.
Die Standerton Advertiser was betyds om twee ouderdomsgroepe in aksie te sien terwyl hul hul perde laat stap, draf en galop het.
Ruiters moes ook volgens instruksies omdraai in die ring om hul vernuf te toon.
Die 0/10-jaar en jonger en 0/12 en jonger se wenners is aangekondig.
Volgens ’n moeder wat haar dogter langs die ring dopgehou het, was dié kompetisie ’n ‘qualifier’ vir die nasionale kompetisie in Bloemfontein volgende jaar.
Ruiters wat deftig vertoon het, is luidkeels aangemoedig om hul beste te lewer.
Kliek hier vir die ander foto’s op die galery.