Local sportSport

70 Hengelaars vang 115 vis by Grootdraaidam op Standerton

Danie Human het die meestersafdeling beklink met met 10 vis van 7,140kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met drie vis van 3,920kg en Johan Krü;ger met vier vis van 1,660kg.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 11 September ’n kompetisie aangebied waar 70 hengelaars, onder andere 13 besoekers, ’n totale vangs van 115 vis van 77,680kg vasgekap het.

Die vis van die dag het aan die swaarste geelvis gegaan.

Danie Human het die meestersafdeling beklink met 10 vis van 7,140kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met drie vis van 3,920kg en Johan Krüger met vier vis van 1,660kg.

Carel Lombard het die vis van die dag aan wal gebring.

Shawn Munro het in die seniorafdeling geseëvier met agt vis van 8,040kg, terwyl Richard Hills tweede was met 12 vis van 2,840kg en Jimmy Gleeson (besoeker) derde met nege vis van 3,080kg.

Karel van der Bank het die vis van die dag gevang.

Elain Munro was onoorwonne in die vroue-afdeling met vier vis van 3,920kg, gevolg deur Adri Venter (besoeker) met twee vis van 1,120kg en Issa Pretorius met twee vis van 0,860kg.Venter het die vis van die dag uitkatrol.

JT Pretorius was eerste in die juniorafdeling met een vis van 1,720kg, gevolg deur Leonardo Parkinson met een vis van 0,380kg.
Leonardo het die vis van die dag ingeweeg.

JW Smit (besoeker) het die penkopafdeling verower met ses vis van 3,700kg, gevolg deur Kaylie van Vuuren met vier vis van 2,280kg en MJ Strydom met een vis van 1,080kg.
Strydom het die vis van die dag vasgekap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button