Local sportSport

Juan Nortjé en Gerrit Coetzee beklink gholfsege op Standerton

Die tweede plek het aan die duo van Juan Nortjé en Joré Nortjé gegaan.

Juan Nortjé en Gerrit Coetzee se netto van 60 het hul die sege by die American Scramble-gholfkompetisie besorg.

Splelers het op Saterdag 18 September mekaar die stryd aangesê by die Standerton Buiteklub en die baljoggies is gemaan om nie dadelik die bal op te tel nie.

Die Spingbok-toets Doer Onder het sommige gholfspelers na hul gholfstokke sien haas.

Die tweede plek het aan die duo van Juan Nortjé en Joré Nortjé gegaan met ’n netto van 61, gevolg deur Kobie Coetzee en Tertius Brits met 61,25.

Phillip du Preez en Clifford van Vuren het ’n netto van 64 aangeteken, terwyl SP van Niekerk en Rian van Niekerk 65,75 op die telkaart ingevul het.

Waldi van der Westhuizen en Jannie Nichols het 66 aangeteken, terwyl ’n netto van 68 behaal is deur sowel Nick Momberg en Donnie Taljaard, as Deon Grimsell en Gerrit Nel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button