Local sportSport

Edelvalkers se Swartwildebeeste presteer by kompetisie

Bailey en Booysen (jr.) het algeheel tweede en sesde in die juniorafdeling geëindig, terwyl Genis algeheel tweede in die seniorafdelinbg was.

Die nasionale intertak-spanskietkompetisie van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging is op Vrydag 24 September by die Meerkatgat-skietbaan, naby Soutpan in die Vrystaat aangebied.

Die top 30 spanne in die land, het meegeding waar 50 skuts per sessie in aksie was.

Edelvalk se A-span, die Swartwildebeeste, het algeheel derde geeïndig met ’n puntetotaal van 3130.57

Die span het bestaan uit Stoffel Bester, Jaco Booysen, Drian Podges, Neil Gräbe en Xander Bailey.

Skuts wat op Saterdag, 25 September meegeding het om aan die nasionale geleentheid deel te neem, se uitslae is soos volg:
18) Stoffel Bester (670.8), 31) Drian Podges (650.15), 37) Jaco Booysen (640.13), 58) Xander Bailey (620.10), 82) Evert Genis (580.08), 90) Jaco Booysen jr.(570.06) en 112) Neil Gräbe (530.09).

Bailey en Booysen (jr.) het algeheel tweede en sesde in die juniorafdeling geëindig, terwyl Genis algeheel tweede in die seniorafdeling was.

Related Articles

Back to top button