Gholfspelers blaas in mekaar se nekke by buiteklub op Standerton
Kompetisies in IPS-formaat is sowel 24 September as 25 September aangebied.
Altesaam 17 gholfspelers het op Saterdag 2 Oktober gure weer trotseer om aan die Maandelikse Beker by die Standerton Buiteklub deel te neem.
Casper Roux het die A-afdeling beklink met ‘n netto van 72, gevolg deur Malan van der Merwe met 73 en Andrew Harper met 79.
Nico Lombard was onoorwonne in die B-afdeling met ‘n netto van 73, gevolg deur Kobie Coetzee met 75.
Tertius Brits en Jaco Sutherland het albei 76 op die telkaart ingevul, gevolg deur Wessel van der Merwe met 77.
Louis Gravett en Johann van Rensburg het albei ‘n netto van 78 aangeteken, terwyl Innocent Dhladhla 79 en Rikus White 82 behaal het.
Francois Cronjé het die eerste plek in die C-afdeling behaal met 32 punte.
Kompetisies in IPS-formaat is sowel 24 September as 25 September aangebied.
Roux het ook die septer op Erfenisdag geswaai met 41 punte, gevolg deur Juan Nortjé met 37 punte.
Lourie Nel het die derde plek met 36 punte behaal, terwyl die drietal van Attie Mouton, Patrizia Lombard en Stephen Nortjé elk 35 aangeteken het.
Nick Momberg het 34 op die telkaart ingevul, gevolg deur Van Rensburg en Gerrit Nel, albei met 32 punte, met Daan Naudé, wat met 31 punte in die 10de plek ingeskuif het.
Kobie Coetzee het die volgende dag ‘n sege behaal met 38 punte, gevolg deur die driestuks van Brits, Herman Mynhardt en Roux, elk met 37 punte.
Sowel Gerrit Coetzee as Momberg het 35 punte aangeteken, gevolg deur Deon Grimsell met 34 punte en Joré Nortjé met 33 punte.
Lourie Nel en White het die agterhoede gevorm, albei met 31 punte.
Die Woensdag-kompetisie oor nege- en 18-putjies het ‘n kolhou op 22 September opgelewer.
Donnie Taljaard was die speler wat in die nege-putjie-wedywering by die 17de putjie presteer het.
Deon Grimsell het met 19 punte geseëvier, gevolg deur Momberg, ook met 19.
Gerrit Nel en Taljaard het 18 punte aangeteken, terwyl Lourie Nel 15 en Freddie Welmans 14 op die telkaart ingevul het.
Joré Nortjé was onoorwonne met 40 punte by die 18-putjie-kragmeting, gevolg deur Gerrit Coetzee met 39.
Francois Cronjé het 37 punte aangeteken, terwyl Nico Lombard 36 behaal het.
Roux het die vyfde plek met 34 punte behaal, gevolg deur Mynhardt met 33, Gravett met 31 en Stephen Nortjé met 30 punte.








