Mans geniet gholf op Walker Park in koue
Belangstellendes kan inskryf vir kerk se gholfdag.
Die Hervormde Kerk op Evander se gholfdag wat op Saterdag, 2 Oktober by Walkerpark Gholfklub sou plaasvind, is na Saterdag, 13 November geskuif.
Die organiseerders het besluit om dit eerder uit te stel weens die reën en koue.
‘n Paar gholfspelers het egter steeds die koue trotseer en sosiale gholf gespeel.
Belangstellendes wat op 13 November aan die Hervormde Kerk Evander-gemeente se gholfdag wil deelneem, kan steeds hul plekke bespreek.
Inskrywingsgeld is R250 per speler en dit sluit ’n ete in.
Die dag begin om 08:00 en daar is baie pryse op die speel.
Vir meer inligting, skakel mnr. Hans Pretorius op 073 308 3494 of die kerkkantoor op 017 632 3394.





