Local sportSport

Meyerville Hengelklub op Standerton hou prysuitdeling

Richard Hills is die voorsitter, Shawn Munro is ondervoorsitter, Marianne Erasmus is sekretaress, Leon Holmner is tesourier en Issa Pretorius is rekordbeampte.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 1 Oktober hul jaarvergadering gehou en ’n komitee vir 2022 verkies.

Richard Hills is die voorsitter, Shawn Munro is ondervoorsitter, Marianne Erasmus is sekretaress, Leon Holmner is tesourier en Issa Pretorius is rekordbeampte.

Addisionele lede is Hans Pretorius, Jurie Moolman, Dirkie Erasmus en Elain Munro.

Tydens die prysuitdeling is trofees aan die hengelaars in die onderskeie afdelings oorhandig.

Carel Lombard het eerste in die meestersafdeling geëindig, met Danie Human in die tweede plek en Pikkie Gleeson in die derde plek.

Shawn Munro het eerste in die seniorafdeling geëindig, Richard Hills tweede en Danny Bosman derde.

Leticia van der Merwe was eerste in die vroue-afdeling, Elain Munro tweede en Ilene Schonken derde.

Ruan van Zyl het die eerste plek in die juniorafdeling behaal, JT Pretorius die tweede plek en Leonardo Parkinson die derde plek.

Ty Mortlock was eerste in die penkopafdeling, Johanco van der Merwe tweede en JH van Loggenberg derde.

Die klub het op Saterdag 9 Oktober die eerste kompetisie vir die nuwe jaar by Grootdraaidam aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button