Verskeie perderuiters van die omgewing het vanaf 3 tot 6 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Ruitersport (Western Mounted Games) Kampioenskap op Parys deelgeneem en presteer.
Elri de Jager van Bethal is die algehele wenner en het ’n nuwe rekord opgestel.
Sy het op haar perd, Lake Albert, in ’n tyd van 9.565 sekondes, die uitdagings kafgedraf.
Ruiters van die omgewing wat die Suid-Afrikaanse Ruitersport Federasie-span (SAEF) gaan verteenwoordig, is De Jager van Bethal en Marischke Groenewald en Wilru de Vries van Secunda.
Ruiters moes aan 10 verskillende items deelneem en die deelnemers met die beste tye is vir die span gekies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



