Neil Gräbe skiet ’n eerste plek los
Hulle het veral Iwan en Carla Lues bedank vir hul aandeel in die sukses van die dag.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 16 Oktober ’n .22- ghongskietdag by die Evert Genis-skietbaan aangebied.
Volgens die tak, het diegene wat dit nie bygewoon het nie, iets besonders misgeloop.
Hulle het veral Iwan en Carla Lues bedank vir hul aandeel in die sukses van die dag.
Neil Gräbe het slegs een ghong gemis, wat aan hom die eerste plek besorg het.
Stoffel Bester, Elri Bester en Jako Steenkamp het twee ghonge gemis, wat tot uitskiet vir die tweede, derde en vierde plek gelei het.
Stoffel Bester het tweede geëindig, Elri Bester derde en Jako Steenkamp vierde.
Carel Bester het in die juniorafdeling 16 uit 19 ghonge geskiet, Leo Bester 13 uit 19 en Janko de Klerk 12 uit 19.
Die laaste windbukskietdag vind op 21 Oktober plaas, ’n groeperingskietdag by die Evert Genis-skietbaan op 20 November en die jaareindfunksie by Over the Moon op 27 November.




