Stoffel Bester van Standerton hou Edelvalk-tak se naam hoog by nasionale kmapioenskap
In die ope-klas het Bester eerste geëindig met 178,11 uit 180, Booysen snr. derde met 175,9, Steenkamp sesde met 172,6, Schoeman 20ste met 160,3, Booysen jnr. 23ste met 158,5 en Jacques Dalhouzie 25ste met 155,1.
Al die skuts van die Edelvalk-tak van die SAJWV het op Saterdag 23 Oktober nasionale kleure in die ope-klas by ’n kampioenskap verwerf.
Die Sandrivier-tak op Welkom het ’n Nasionale Limited Bolt Action-kampioenskap aangebied.
Verskeie skuts, onder meer die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Musina en Natal wat gekwalifiseer het, was teenwoordig.
Die Edelvalkers se Stoffel Bester het 172,5 uit 180 in die standaardklas behaal en 11de geëindig, Jaco Booysen 169,4 en 17de geëindig, Jako Steenkamp 168,6 en 19de geëindiug, Jaco Booysen (jnr) 166 en 23ste geëindig en JC Schoeman 147,1 en 34ste geëindig.
In die ope-klas het Bester eerste geëindig met 178,11 uit 180, Booysen (snr) derde met 175,9, Steenkamp sesde met 172,6, Schoeman 20ste met 160,3, Booysen (jnr) 23ste met 158,5 en Jacques Dalhouzie 25ste met 155,1.
Bester het 18 skote afgevuur, met geen rus, alles uit vuis uit.
Op 100m het dit staan, sonder enige rus behels, op 200m sit, sonder enige rus en op 300m, lê, was ’n bi-pod toelaatbaar.
Edelvalk-tak het die Sandrivier-tak bedank vir ’n suksesvolle, georganiseerde dag, asook elkeen wat as baanoffisier opgetree het.




