Local sportSportStreeknuus

100 Kata Karate Dag in Cullinan

Die 100 Kata for Karate Day Challenge is vir die vyfde jaar aangebied. Dit is ’n internasionale gevegskunsbyeenkoms, gelei deur Okinawa, die tuiste van kobudo en karate. Vanjaar het die “100 Kata Challenge” op 23 Oktober in Cullinan, Gauteng en ook in Mosselbaai, Wes-Kaap plaasgevind. Hoewel die dra van maskers ’n uitdaging was vir die

Die 100 Kata for Karate Day Challenge is vir die vyfde jaar aangebied.

Dit is ’n internasionale gevegskunsbyeenkoms, gelei deur Okinawa, die tuiste van kobudo en karate.

Vanjaar het die “100 Kata Challenge” op 23 Oktober in Cullinan, Gauteng en ook in Mosselbaai, Wes-Kaap plaasgevind.

Hoewel die dra van maskers ’n uitdaging was vir die karatekas, het die trots die dak laat druis met die elke beweging.

Altesaam 145 deelnemers van 19 Dojos, wat vyf organisasies verteenwoordig, karatekas en ouers van alle ouderdomme het deelgeneem.

Vyf groepe het Heian Shodan, Heian Nidan, Heian Sandan, Heian Yondan en Heian Godan gedoen.

Elke groep het hul kata suksesvol 99 keer uitgevoer, waarna almal Heian Shodan saam vir nommer 100 gedoen het.

Al die studente het hul pienk gordels gedra ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button