Frikkie Eksteen behaal gholfsege by Standerton Buiteklub
Eksteen het met 39 punte geëindig, met Rikus White se 38 en Heino Gouws se 37 wat gevolg het.
Tydens Standerton Gholfklub se IPS-kompetisie op Saterdag 23 Oktober het Frikkie Eksteen as oorwinnaar uit die stryd getree.
Altesaam 50 spelers het by die buiteklub meegeding.
Eksteen het met 39 punte geëindig, met Rikus White se 38 en Heino Gouws se 37 wat gevolg het.
Attie Mouton, Johan Brink, Johann van Rensburg en André Kirchner het elk 36 punte aangeteken.
Die driestuks van Jaco Sutherland, Casper Roux en Deon Grimsell het elk 35 op die telkaart ingevul.
’n Ligawedstryd het ook plaasgevind teen Volksrust wat op ’n gelykopuitslag van 4-4 uitgeloop het.
Die nege-putjie- en 18-putjie wedywering by die klub op Woensdag 20 Oktober het drie spog-twee’s opgelewer.
Johan Griesel was onoorwonne by die eerste kragmeting in IPS-formaat met 18 punte, terwyl Lourie Nel en Gerrit Nel ook albei 18 aangeteken het.
Lourie Nel het vir die spog-twee gesorg.
Die driestuks van Nick Momberg, Clifford van Vuren en Deon Griesel het elk 17 punte op die telkaart ingevul, terwyl Riaan Starbuck 16 en Willie Griesel 15 punte behaal het.
Die agterhoede is gevorm deur Jabbies Lotz met 14, Freddie Welmans met 13 en Donnie Taljaard met 11.
In die tweede wedywering was Ronald Kinnear onoorwonne met 39 punte, terwyl Tertius Brits in die tweede plek was, ook met 39 punte.
Gerhard Brits het 38 aangeteken, gevolg deur Kobie Coetzee met 37 en Attie Mouton met 35.
Gerrit Coetzee en Nico Lombard het albei 34 behaal, gevolg deur Gert du Preez met 33 en Herman Mynhardt met 32.
Kobie Coetzee en Nico Lombard was verantwoordelik vir die spog-twee’s.




