Local sportSport

Sasol 1 klop Standerton in T20-eindstryd

Johan van Antwerpen is beste speler.

Sasol Krieketklub se Sasol 1-span het op Sondag, 31 Oktober vir Standerton Krieketklubmet 54 lopies in die Gert Sibande T20-eindstryd geklop.

Sasol 1 het eerste gekolf en in totaal 166 lopies aangeteken en vyf paaltjies verloor in 20 boulbeurte.

Johan van Antwerpen is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

George Louw van Sasol 1 is in aksie op Sondag, 31 Oktober in die eindronde van die Gert Sibande T20-wedstryd teen Standerton.

Hy het vier paaltjies in drie boulbeurte geneem.

Colin van Staden, die kaptein, was Sasol 1 se beste kolwer.

Hy het 28 lopies aangeteken.

Ruan Janse van Rensburg het 26 lopies, nie uit nie, aangeteken.

Standerton het in totaal 112 lopies aangeteken vir die verlies van nege paaltjies.

Ignus Koekemoer van Sasol 1 boul op Sondag, 31 Oktober tydens die eindronde van die Gert Sibande T20-wedstryd by die Sasol Krieketklub.

Dié klub se beste kolwers was Carus Janse van Rensburg wat 24 lopies aangeteken het en Henre Naude wat 24 lopies, nie uit nie, aangeteken het.

Sasol 1 het na die Hoëveld-eindstryd wat op 27 November plaasvind, deurgedring en hulle sal dan met die Witbank Snipers kragte meet.

George Louw van Sasol 1 is in aksie op Sondag, 31 Oktober in die eindronde van die Gert Sibande T20-wedstryd teen Standerton.

Dié wedstryd sal dien as die Mpumalanga-halfeindronde.

Die wenspan sal dan op dieselfde dag teen die wenspan van Ehlanzeni speel.

Beide wedstryde vind by die Sasol Krieketklub op Secunda plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button