61 hengelaars vang 377 vis by Grootdraaidam
Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.
Meyerville Hengelklub het op Saterdag 14 November by Grootdraaidam ’n kompetisie aangebied waar 61 hengelaars, waarvan sewe besoekers, ’n totale vangs van 377 vis van 218,98kg vasgekap het.
Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.
Danie Human was onoorwonne in die meestersafdeling met 31 vis van 11,680kg, gevolg deur Duggie Douglas met agt vis van 8,880kg en Pikkie Petzer met agt vis van 3,940kg.
Human het die vis van die dag uitgetrek.
Johanco Foreman het in die seniorafdeling geseëvier met 27 vis van 10,080kg, gevolg deur Jurie Moolman met 28 vis van 7,600kg en Hendrik Malan met 17 vis van 17,940kg.
Phlippie van Vuuren het die vis van die dag aan wal gebring.
Elaine Munro het eerste in die vroue-afdeling geëindig met 17 vis van 14,760kg, terwyl Letitia van der Merwe tweede was met 12 vis van 5,460kg en Louisa Nel derde met nege vis van 2,960kg.
Munro het die vis van die dag ingeweeg.
George Tereblanche het die juniorafdeling gewen met twee vis van 1,380kg, gevolg deur JT Pretorius met een vis van 0,920kg en Xander Malan (bsoeker) met een vis van 0,700kg.
JT het die vis van die dag inkatrol.
Ty Mortlock het die eerste plek in die penkopafdeling behaal met vyf vis van 6,300kg, gevolg deur Recardo van Wyngaard met ses vis van 2,220kg en Kaylie van Vuuren met vier vis van 1,980kg.
Mortlock het die vis van die dag gevang.



