Wes-Mpumalanga wen tennistoernooi
Jong tennisspelers leer om op ’n volbaan te speel.
Wes-Mpumalanga se 0/10-tennisspan het die interdistrikte toernooi wat op Saterdag, 6 November by die Sasol Tennisklub plaasgevind het, gewen.
Die Hoëveldspan het tweede geëindig, Laeveld derde en die uitnodigingspan, wat hoofsaaklik uit 0/10-tennisspelers van Secunda bestaan, het vierde geëindig.
Tennis het behoorlik gekook op dié betrokke naweek by die Sasol Ontspanningsklub toe die plaaslike afrigter, me. Annamarie Meyer, se jong tennisspelers van ses jaar en jonger op Vrydag, 5 November aan ’n volbaan rooibal-toernooi deelgeneem het.
Dié toernooi is deur me. Meyer gereël om dié jong tennisspelers touwys te maak om op ’n volbaan tennis te speel.




