Dellies-personeel vang gees op rolbalbaan
Sommige het strategiese beplanning gedoen, terwyl ander weer van die ‘mik-en-moker’-tegniek gebruik gemaak het.
Hoërskool Delmas se suksesresep vir geesvang na ’n harde jaar vol uitdagings, was lag, plesier, geesvang en goeie kompetisie.
Dellies se personeel en lede van die skool se beheerliggaam het op Dinsdag, 9 November, ’n spanboudag op die bane van Delmas Rolbalklub gehou.
Oud en jonk het deelgeneem en sommer gou was daar tot die besef gekom dat die sport heelwat meer tegniek en vaardigheid inhou as wat aanvanklik gereken is.
“Die kompetisie was fel tydens die personeel se rolbaltoernooi.
Sommige het strategiese beplanning gedoen, terwyl ander weer van die ‘mik-en-moker’-tegniek gebruik gemaak het.
“Diep fronse na ’n harde jaar was omskep in skitter glimlagte. By Dellies werk ons hard, maar pret-en-plesier ewe hard.”
Hoërskool Delmas het die Delmas Rolbalklub vir ’n heerlike dag bedank.
“Ons was touwys gemaak en die klublede het ons baie tuis laat voel,” het die hoof, Cas Badenhorst gesê.









