Heindrich Burger wen ouetehuis se geborgde gholfdag
Jaco Sutherland was onoorwonne in die B-afdeling met ’n netto van 70, gevolg deur Attie Mouton en Nico Lombard, albei met 76.
Standerton Gholfklub het op Saterdag 27 November die Kosmos Aftree-oord se geborgde dag aangebied, waar Heindrich Burger onoorwonne met 20 punte was.
Die mededinging het in IPS-formaat geskied.
Johan Brink en Conrad Steyn het die tweede en derde plek behaal, albei ook met 20 punte, terwyl Gerhard Brits 19 punte aangeteken het.
Sowel Attie Mouton as Patrizia Lombard het 18 op die telkaart ingevul, met Jacques Nel, Louis Sauer, Pieter Lloyd, Ivan Baker wat elk met 17 punte geëindig het.
Patrizia Lombard kon spog met die langste dryf vir die vroue en André Burger met die langste dryf vir die mans.
Arno Rautenbach was die wenner met agt punte in die afdeling vir nie-gholfspelers.
Tydens die maandelikse beker op Saterdag 20 November, het Joré Nortjé ’n sege in die A-afdeling behaal met ’n netto van 72. Altesaam 21 spelers het meegeding.
Patrizia Lombard het in dié afdeling die tweede plek met ’n netto van 76 behaal, gevolg deur Jaco van Rensburg, ook met 76.
Casper Roux was vierde met 77 en Hennie Swanepoel vyfde met 111.
Jaco Sutherland was onoorwonne in die B-afdeling met ’n netto van 70, gevolg deur Attie Mouton en Nico Lombard, albei met 76.
Johan Griesel het 79 aangeteken, gevolg deur Johann van Rensburg met 83.
Sowel Willie Griesel as Johan Brink het 84 op die telkaart ingevul, terwyl Aldo Arnaldi met 85 en Deon Grimsell met 88 geëindig het.
Philip du Preez het in die C-afdeling met 38 punte geseëvier, gevolg deur Nick Momberg met 34 en Jacques Scholtz met 33.
Gerrit Nel het 31 punte aangeteken, terwyl Pieter Bester 30, Francois Cronjé 26 en Fanie Botha 25 punte behaal het.




