Edelvalkers hou jaareindfunksie op Standerton
Op nasionale vlak, het Bester in die ope-klas eerste met 670,08 punte geëindig.
Edelvalk-tak se skuts het onlangs hul jaarafsluiting by ’n retaurant gehou waar trofees aan die presteerders oorhandig is.
Stoffel Bester is as geweerskut van die jaar aangewys, Jako Steenkamp as veelsydigste skut, Xander Bailey as jagter van die jaar en Carla Lues as vroue-skut van die jaar.
Op nasionale vlak, het Bester in die ope-klas eerste met 670,08 punte geëindig.
Drian Podges het 650,15 punte behaal, Jaco Booysen 640,13, Neil Grabe 530,09 en Steenkamp 470,06.
Bailey het in die juniorafdeling 620,1 behaal en Jaco Booysen (jnr.) 570,06.
Evert Genis het in die seniorafdeling met 580,08 punte geëindig.
In die Limited Bolt se standaardklas het Bester ’n telling van 171 behaal, Jaco Booysen 169, Steenkamp 168, Jaco Booysen (jnr) 166 en JC Schoeman 147.
In die Limted Bolt se ope-klas het Bester 178 aangeteken, Booysen 175, Steenkamp 172, Schoeman 160, Booysen (jnr) 158 en Jacques Dalhouzie 155.
Die swartwildebeestespan het by die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se nasionale kompetisie 3130,57 punte aangeteken.
Die span het uit Bester, Booysen, Bailey, Podges en Grabe bestaan.
Edelvalkers sal op 15 Januarie by die Evert Genis-skietbaan weer hul slag kan wys.




