Local sportSport
Nick Momberg seëvier by gholfkompetisie op Standerton
Aldo Arnaldi het tweede op baansyfer geëindig, terwyl Patrizia Lombard -2 behaal het.
Nick Momberg het op Saterdag 11 Desember koning gekraai met 2 oor baansyfer tydens ’n Bonus Bogey-kompetisie.
Die wedywering is by die Standerton Buiteklub oor nege putjies beslis.
Aldo Arnaldi het tweede op baansyfer geëindig, terwyl Patrizia Lombard -2 behaal het.
Joré Nortjé het -3 op die telkaart ingevul, gevolg deur Casper Roux met -4.
Gerrit Nel het met -5 in die sesde plek ingeskuif, terwyl Deon Grimsell -6 aangeteken het.
Johann van Rensburg het -8 aangeteken, terwyl Frans Cronjé -14 behaal het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








