SportStreeknuus

Cullinan-skopbokser deel sy liefde vir die sport

Hy spesialiseer in Shidokan Kickboxing by sy klub met sowat 30 lede.

Cullinan se skopboksvegter, Martin Erasmus, is al sewe jaar voltyds besig met die sport.

Hy spesialiseer in Shidokan Kickboxing by sy klub met sowat 30 lede.

Op laerskool het hy by sensei Charles op Rayton begin en as 12-jarige seun het ’n passie in hom wakker geword.

Die sport is vir hom meer as wat ’n stokperdjie is.

“Die sport is ’n gevoel meer as wat dit net iets is waarvan ek hou.”

Die een mentor wat geslyp het aan sy talent en vermoëns is sensei David Lies na wie hy tot vandag toe opkyk.

Hy het as jong vegter op die mat gevegte by Saka Events deelgeneem en later aan Mile High Cage Events Extreme Striking-kompetisies deelgeneem. Erasmus het al verskeie pryse verower en is self nou ’n afrigter.

“Ek geniet dit om my kennis oor te dra en veral om te sien hoe die studente presteer en sukses behaal.”

Volgens Erasmus, bevorder dié sport selfdissipline onder die jeug en maak dit die studente veral vaardig in verdediging.

Die sportsoort behels fiksheid, liggaamskondisionering en veral konsentrasie.

Daar is geen ouderomsbeperking nie, dus neem Erasmus saam met sy twee seuns aan die sport deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button