Local sportSport
Attie Mouton onoorwonne by IPS-kompetisie op Standerton
Altesaam 11 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Attie Mouton het op Saterdag 8 Januarie koning gekraai met 33 punte in ’n IPS-kompetisie.
Altesaam 11 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Werner Mouton se 32 wat aangeteken is, het aan hom die tweede plek besorg.
Johan Griesel het derde met 31 punte geëindig, gevolg deur Theuns Adendorff met 30.
Sowel Joré Nortjê, as Casper Roux, het 29 op die telkaart ingevul, terwyl Rowan Brink en Jacques Scholtz albei 27 punte behaal het.
Pieter Lloyd en Philip du Preez het albei 25 aangeteken, gevolg deur Johan Brink met 24.
Griesel het ’n spog-twee behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








