Local sportSport

Edelvalkers van Standerton begin jaar op gebruiklike wyse

In die juniorafdeling het Bailey sy reputasie gestand gedoen en 270,09 aangeteken.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 15 Januarie by die Ever Genis-skietbaan meegeding.

Hulle het na verskeie tabelle aangelê en die uitslae is soos volg:

Rooiribbok
Xander Bailey (jnr) het stof in die oë van mede-skuts geskop deur 270,02 aan te teken, gevolg deur Jako Steenkamp met 250,05.
Drian Podges het 250,04 behaal, JC Schoeman kort op sy hakke met 250,03 en Christo Bailey met 240,05.

Sebra
In die mansafdeling het Bailey (jnr) en Jaco Booysen albei 270,09 behaal, gevolg deur Jean van den Berg met 270,06.
Neil Grabe het 260,07 behaal en Johan Geldenhuys het met 260,06 in sy nek geblaas.
In die vroue-afdeling het Carla Lues 250,04 behaal, gevolg deur Daleen Podges met 240,05 en Laurenza Visagie met 220,02.
Helen Ellis het 180,04 behaal en Annatjie Buys 180,01.
In die juniorafdeling het Bailey sy reputasie gestand gedoen en 270,09 aangeteken, gevolg deur Corrie Visagie met 250,05.
Carel Bester het 230,03 behaal, Tian Duminy 220,02 en Jaco Booysen 210,01.

Handwapen-jag
Drian Podges het 290,07 aangeteken, Jaco Booysen 250,03 en Steenkamp 220,02.
Daleen Podges het 180,05 behaal en Johan Geldenhuys 140,00.

Pistool
Drian Podges het 170,00 behaal, gevolg deur Steenkamp met 157,00 en John Green met 154,02.
Schoeman het 149,01 aangeteken en Jacques Dalhouzie 145,01.
In die vroue-afdeling het Laurenza Visagie 145,00 behaal, Ellis 116,01, Daleen Podges 111,00 en Carla Lues 61,00.
’n Intertak-presidentskietbyeenkoms vind op 22 Januarie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button