Local sportSport

Edevalk-tak van Standerton se A-span maak skoonskip

Altesaam 11 spanne het by die Evert Genis-skietbaan meegeding.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereninging het voortreflik gevaar by die Presidentskietdag op Saterdag 22 Januarie.

Altesaam 11 spanne het by die Evert Genis-skietbaan meegeding en hul Swartwildebeeste se 2450,23 punte het aan hul die eerste plek besorg.

Rooibok A het 2410,37 punte aangeteken en Duiker Blouduikers 2020,25.

Edelvalk Blesbokke het die vierde plek met 1960,28 punte verower, asook die vyfde plek en sesde plek waar die Edelvalk Ribbokke en Edelvalk Die Oos Gemeente onderskeidelik 1960,24 en 1800,18 punte ingesamel het.

Mahem 1 het gevolg met 1790,28, Duiker Ramme met 1770,23, Riemland B met 1650,15 en Suikersbosrand Proteas met 1580,22.

Die agterhoede is gevorm deur Duiker Grysduikers met 1560,16 en Duiker Rooiduikers met 490,04.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button