Standerton se rolbalspelers eindig derde by kompetisie
Drie rondes van 15 koppe is die Saterdag beslis waarna die seksiewenners en drie beste verloorders na die top 8 deurgegaan het.
Rolbalklubs van Standerton, Secunda en Ermelo het op 22 en 23 Januarie op Ermelo aan ’n Hoëveld-sone Gemengde Pare-kompetisie deelgeneem, met Lanie Nel en Gerda Bornman, wat sekuur die houte laat rol het om eerste te eindig.
Gerda Swanepoel en Riaan Harris van Ermelo was in die tweede plek, Charmaine Smith en Colin Munro van Standerton derde en Louanne Moller en Fritz Olmesdahl van Ermelo vierde.
Bornman het twee weke gelede haar Mpumalanga-kleure verwerf en is vir die B-span gekies, terwyl Nel weer lid van die ope-span sal wees, in die ‘skip’-hoedanigheid.
Altesaam 20 spanne het meegeding in vyf seksies van vier spanne elk.
Drie rondes van 15 koppe is die Saterdag beslis, waarna die seksiewenners en drie beste verloorders na die top 8 deurgedring het.
Die kwart-, half- en eindstryd het Sondag plaasgevind.
Die top vier spanne het die afgelope naweek aan die Mpumalanga-Wes ‘Playoffs’ in eMalahleni (Witbank) deelgeneem.
Die top vier spanne sal op 12 en 13 Februarie by die Mpumalanga ‘Playoffs’ meeding en die wenners sal vir Suid-Afrikaanse-kleure kwalifiseer.



