Kom speel weer ringbal by die Secunda Rinbalklub
“Ringbal is ideaal vir die hele in. Almal sal kan deelneem en die dag saam deurbring.”
Die Sasol Secunda Ringbalklub wil weer op dreef kom.
Ná bykans twee jaar van geen aksie weens Covid-19, is die ringbalkringe weer gerat om die klub aan die gang te kry.
Enigeen wat belangstel kan saam op Maandae en Donderdae vanaf 18:15 by die Sasol-ontspanningsklub se ringbalbane te oefen.
“Ringbal is ’n sport vir die hele familie. Bring jou kinders, jou ouma en selfs jou buurman se gesin en kom geniet dit saam met ons,” het Corrie Potgieter gesê.
“As jy ’n klip kan gooi, kan jy ook ’n bal gooi en ringbal speel.
“Ringbal is ideaal vir die hele in. Al mal sal kan deelneem en die dag saam deurbring.
“Ons is soos een groot familie hier,” het Potgieter gesê.
Laerskoolkinders kan deelneem in die afdelings vir 0/9, 0/11 en 0/13.
Hoërskoolleerders kan in die afdelings 0/15, 0/17 en 0/18 deelneem.
Dan is daar 0/190- en 0/23-spanne, asook spanne vir seniormans en seniorvroue, meesters en oudemeesters (mans en vroue).
Belangstellendes kan vir Potgieter skakel by 082 939 1189 of vir Ian van der Watt by 082 932 6601.




