Casper Roux maak skoonskip by gholfkompetisie op Standerton
Die agterhoede onder die eerste 10 plekke is gevorm deur die driestuks, Aldo Arnaldi, Deon Grimsell en Joré Nortjé met hul 30 punte elk.
Casper Roux het op Saterdag 29 Januarie as oorwinnaar uit die stryd getree by ’n IPS-kompetisie nadat hy 39 punte aangeteken het.
Altesaam 20 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Sowel Mauritz van Heerden, as Kobie Coetzee, het 38 punte behaal, met Nico Lombard op hul hakke met 37.
Tertius Brits het 34 op die telkaart ingevul, gevolg deur Louis Gravett met 33 en Wian Starbuck met 31.
Die agterhoede onder die eerste 10 plekke is gevorm deur die driestuks, Aldo Arnaldi, Deon Grimsell en Joré Nortjé met hul 30 punte elk.
Van Heerden, Coetzee en Starbuck het ’n spog-twee behaal.
Gholfspelers het ook oudergewoonte op Woensdag 26 Januarie aan ’n nege-putjie- en 18-putjie-kompetisie deelgeneem, waar Johan Griesel en Gerhard Brits onderskeidelik septer geswaai het.
Griesel het 18 punte aangeteken en Brits 43.
By die eerste kragmeting het Grimsell, Arnaldi en Gerrit Nel elk 17 punte op die telkaart ingevul, gevolg deur Donnie Taljaard met 16.
Nick Momberg het 12 punte behaal, terwyl Willie Griesel met 11 en Freddie Welmans met 9 geëindig het.
By die tweede kragmeting het Wessel van der Merwe en Joré Nortjé elk 36 aangeteken, gevolg deur Kobie Coetzee en Gerrit Coetzee, albei met 35.
Herman Mynhardt, Gert du Preez, Attie Mouton en Jacques Scholtz het 34 op die telkaaart ingevul, gevolg deur Pieter Bester met 32.





