Damian Brink beklink A-afdeling van Maandelikse Beker
Nico Lombard het in die B-afdeling die septer geswaai nadat hy ’n netto van 66 op die telkaart ingevul het.
Damian Brink was onoorwonne met ’n netto van 75 in die A-afdeling van die Maandelikse Beker op Saterdag, 5 Februarie.
Altesaam 17 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Gert du Preez se 76 het aan hom die tweede plek besorg, terwyl Casper Roux 78 aangeteken het.
Nico Lombard het in die B-afdeling die septer geswaai nadat hy ’n netto van 66 op die telkaart ingevul het.
Aldo Arnaldi het tweede met 71 geëindig en ook ’n spog-twee behaal.
Louis Bibby en Attie Mouton het albei 72 aangeteken, gevolg deur sowel Innocent Dhladhla, as Deon Grimsell, met 73.
Patrizia Lombard het 75 behaal, terwyl Louis Gravett 76 en Johann van Rensburg 79 aangeteken het.
Pieter Bester het in die C-afdeling koning gekraai met 31 punte, gevolg deur Ben van Rensburg met 28 punte.
Andrea Hipkin het met 22 geëindig en Adri Mynhardt met 15.
In die ligawedstryde het Standerton Graceland A met 6-2 geklop en Graceland B met 7-1.
Die Ou Toppies het Walkerpark A met 6-0 geklop.





