Bronkhorstspruit Rugbyklub se manne het op 5 Februarie breë bors op hul tuisveld uitgedraf.
Hulle het met Warmbad kragte gemeet en hoewel die spanne nie op die dag kon koning kraai nie, het die sportmanskap oor die pawiljoene geheers.
Die volgende wedstryd waarvoor daar hard voorberei word, vind op 19 Februarie tuis teen Noordelikes Rugbyklub plaas.
Voorsitter Lourens du Plessis het vertel dat daar groot groei in die spanne plaasgevind het.
“Ons fokus nou op spanbou, fiksheid, kondisionering en vaardighede.”
In Saterdag se naelbyt-wedstryd was daar ’n drie wat besonders uitgestaan het.
“’n Drie in die tweede helfde was ’n hoogtepunt. Dit was ’n goeie opbou met die voorspelers wat fase na fase opgesit het en die bal met ’n agterlynbeweging deur die hande laat gaan het.
“Die drie was afgerond deur die buitesenter in die hoek van die pale.” het Du Plessis afgesluit.






