Jong tennisspelers het op Sondag, 13 Februarie kragte gemeet in die 0/10 Hoëveld Tennistoernooi wat by die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind het.
CJ Meyer het die A-afdeling onder die seuns gewen terwyl Steffan Moolman tweede geëindig het en Troy Tabawi derde.
Aldrich Fourie was die wenner van die seuns se B-afdeling terwyl Armand Joubert tweede geëindig het en Juan Badenhorst derde.
Onder die dogters was Frouwien van Woude die wenner terwyl Tamara Tabawi tweede geëindig het en Kara de Villiers derde.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



