SportStreeknuus

Delmas Dragons Korfbal 2022 seisoen skop vol ywer af

Vanjaar se Korfbal-ligawedstryde begin reeds in Maart en die Dragons Korfbalklub van Delmas voel positief oor die seisoen wat voorlê.

Met ’n groot gevoel van opgewondenheid, het die eerste korfbaloefening van die seisoen in Delmas afgeskop.

Die klub oefen op die netbalbane van Laerskool Delmas en op Donderdag, 10 Februarie het die eerste oefening vir die seisoen plaasgevind. Jonk en oud het op die baan bymekaar gekom en dit was duidelik dat die sport deur die hele gesin gespeel kan word.

Vanjaar se ligawedstryde begin reeds in Maart en die Delmas Dragons Korfbalklub is positief vir die seisoen wat voorlê.

“Ons het verlede jaar so goed afgeskop. Ons het al ons wedstryde in die Mpumalanga B-liga gewen. Ongelukkig is alle deelname weens die pandemie gekanselleer,” het Alicia Beeslaar, sekretaresse van die klub, gesê.

Die klub spog ook met hulle nuwe klubhemde vir hul manslede wat deur Bison Sport en Farmers’s Meat Market geskenk is.

Die Delmas Dragons Korfbalklub oefen elke Dinsdag- en Donderdagaand om 18:30. Die voorsitter, Alwyn Smit, nooi alle belangstellende spelers om te kom deelneem.

“Vir almal wat graag wil deelneem, maar nog nooit vantevore gespeel het nie, ons sal julle touwys maak en alles leer omtrent korfbal.”

Skakel Alicia Beeslaar by 071 349 7589, Jurie Cordier, die ondervoorsitter, by 063 254 5993 of die voorsitter, Alwyn Smit, by 066 571 7570.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button