Oud-Bronkhorstspruiter is ’n vegkunswenner
As wenner van 14 gevegte keer niks vir Nico Britz nie.
Oud-Bronkhorstspruiter en onderwyser Nico Britz neem vir die afgelope twee jaar aan jiu-jitsu-vegkuns deel.
Jui-Jitsu, ook bekend as BJJ, behels die konsep dat ’n kleiner, swakker persoon hom of haarself suksesvol teen ’n groter, sterker, swaarder teenstander kan verdedig deur hefboom- en gewigverspreiding te gebruik, die stryd grond toe te neem en ’n aantal houe en voorleggings te gebruik om hulle te verslaan.
Jiu-Jitsu is ’n vorm van veg op die grond, afgelei van judo wat die gebruik van plattrekke, beheer en voorleggings behels om ’n teenstander te neutraliseer.
Jiu-Jitsu is beide ’n selfverdedigingskuns sowel as ’n vegkuns
Britz is die trotse wenner van 14 gevegte. Hy het nog geen gevegte verloor het nie.
“Brasiliaanse jiu-jitsu is baie gefokus om op die grond te baklei en jouself so te verdedig.”
Sy passie hiervoor het onstaan die oomblik toe hy daaroor begin oplees het en die opwinding wat die sport tot gevolg het, het dadelik sy aandag getrek.
“Die passie het dadelik op die eerste dag in geskop. Ek oefen tans drie tot vier ure elke tweede dag.”
Hoewel hy nog nie groot titels het waarvoor hy bekend staan nie reken hy sy doelwitte sal nog metteryd die praatwerk doen.
Britz het sy teenstander, Bradley Mngomezulu, ’n pers-gordel, laat les opsê tydens die “Submission Kings Middelweight super fight” op Saterdag, 12 Februarie.
“Dit was ’n 10 minute-geveg waar ek die wen in oortyd aangeteken het,” het Britz laat hoor.
Weekliks berei hy voor deur saam met spanmaats by Constrictor Jiu-Jitsu drie uur-lange sessies te doen.
“Ek draf ook gereeld en doenkrag werk om my lyf optimaal te kry.”
Aanvanklik was die sport vir hom net ’n stokperdjie, maar die oomblik toe hy op die mat klim was dit asof daar ’n passie in hom wakker gemaak is.
Sy volgende geveg vind op 5 Maart plaas en die vegtersgees in Britz se stem wanneer hy oor die interessante sportsoort praat, is hoorbaar.
“Die sport gee my ’n gevoel van vryheid en manier om jouself uit te beeld met jou eie styl,” het hy afgesluit.






